Emma Heming Willis praat oor realiteit van omsien na haar man, Bruce Willis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man (70) wen R49.9 miljoen Powerball-boerpot

Emma Heming Willis (45) het gesê sy “is nie oukei nie” terwyl sy haar man Bruce Willis (68) ondersteun en versorg.

Bruce Willis het verlede jaar uit toneelspeel getree na hy met afasie gediagnoseer is. Dit is ‘n algehele of gedeeltelike verlies van die spraakvermoë. In ‘n latere verklaring is dit bekend gemaak dat hy ook met demensie gediagnoseer is.

Heming Willis het in ‘n plasing op sosiale media gesê dit lyk dalk of sy haar beste lewe leef, maar sy moet elke dag die moeite doen om haar beste te doen vir haarself, vir haar kinders en vir Bruce, wat nie sou wou hê sy moet enigiets anders doen nie. Sy het gesê sy wil nie hê mense moet dink sy is “oukei” nie, want sy is nie.

Sy het ook mense wat moet omsien na hulle geliefdes aangemoedig om na hulself ook te kyk, want as jy dit nie doen nie, kan jy nie na jou geliefdes kyk nie.

Bronne: IOL, Female First, Page Six, Instagram

Lees ook: Man (70) wen R49.9 miljoen Powerball-boerpot