KAAPSTAD. – Na agt dae het die Wes-Kaapse tak van Santaco die taxi-staking beïndig.
Die staking het begin weens meningsverskille tussen Santaco en die stad Kaapstad nadat taxi’s geskut is.
Na uitgebreide samesprekings Donderdag, het Santaco aangekondig dat hy Vrydag met sy bedrywighede sal begin, wat ‘n belangrike stap is om normaliteit te herstel.
Minibus-taxi’s wat “verkeerdelik geskut” is, sal in die loop van die volgende twee weke vrygestel word.
Baie pendelaars moes in die afgelope agt dae alternatiewe vervoer gebruik en sommige mense het selfs ure lank gestap om by die werk en terug by die huis te kom.
Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, het gesê hy is verlig die staking is verby.
I’m relieved this destructive #TaxiStrike is over, with the rule of law intact.
— Geordin Hill-Lewis (@geordinhl) August 10, 2023
Our agreement today mirrors the one discussed last Friday. The sad violence that followed gained nothing and cost much.
A significant marker – violence can’t be used as a bargaining chip. pic.twitter.com/1aPbaK8yPp
“Ons ooreenkoms (vandag) weerspieël die een wat verlede Vrydag bespreek is. Die hartseer geweld wat daarop gevolg het, het niks bereik nie en baie gekos. ‘n Beduidende merker – geweld kan nie as onderhandeling gebruik word nie,” het hy Donderdag gesê.



