DETROIT, MICHIGAN, VSA. – Sixto Diaz Rodriquez, professioneel bekend as Rodriques, is Dinsdag 8 Augustus 2023, in die ouderdom van 81 oorlede.
Sy amptelike webtuiste het die nuus bevestig, maar dit is nie bekend wat die oorsaak van sy dood is nie.
Rodriquez is op 10 Julie 1942 in Detroit Michigan as die sesde seun van Meksikaanse werkersklas ouers gebore en daarom was sy naam Sixto as “Seex-toh” uitgespreek.
Die sanger van Searching for Sugar Man het eerder in Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland naam gemaak, as in die VSA.
Gedurende die 1990’s het Suid-Afrikaanse ondersteuners hom opgespoor en kontak gemaak, wat sy musiek laat herleef het. Dit is op die 2012 Academy Awards waar die film met dieselfde naam as die sangtreffer Searching for Sugar Man ‘n toekenning as wen-dokumentêr ontvang het, wat sy aansien in sy eie land verbeter het.
Hy was vir sy eenvoudige lewe bekend en het nie ‘n telefoon besit nie.
It is with great sadness that we at Sugarman.org announce that Sixto Diaz Rodriguez has passed away earlier today.
We extend our most heartfelt condolences to his daughters – Sandra, Eva and Regan – and to all his family.
Rodriguez was 81 years old.
May His Dear Soul Rest In Peace
“Maybe today, I’ll slip away…”SIXTO RODRIGUEZ (10 JULY 1942 TO 8 AUGUST 2023)
Bronne: Sugarman.org, BBC News, Wikipedia
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



