OTTAWA, KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ‘n Renault Kwid wat in Pinestraat gery het, moes Donderdagaand 11 Augustus 2023 omstreeks 19:56 van sy voertuig vlug toe ‘n klip die windskerm tref.
Reaction Unit South Africa sê tydens patrollie het ‘n lid op die voertuig wat in vlamme gehul was afgekom. Die bestuurder van die voertuig het na ‘n nabygeleë inkopiesentrum gevlug en daar geskuil totdat hy verneem het owerhede is op die toneel.
Volens hom het hy op ‘n grondpad gery toe ‘n klip sy windskerm tref. Hy het van die pad af gery en teen ‘n wal gebots. Hy was nie beseer nie, maar het te voet na die inkopiesentrum gevlug.
Daar kan nie vasgestel word of die voertuig as gevolg van die ongeluk in vlamme uitgebars het en of dit deur brandstigters aan die brand gesteek is nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



