Senzo Meyiwa se vriend sê Kelly Khumalo se verklaring is ‘nonsens’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Senzo Meyiwa se vriend getuig verder in hof

PRETORIA:- Senzo Meyiwa se vriend, Tumelo Madlala, het in sy getuienis gesê hy kan nie kommentaar lewer op wat Kelly Khumalo in haar verklaring aan die polisie gesê het toe Senzo by haar huis in Vosloorus in 2014 doodgeskiet is nie.

Madlala was gister onder kruisverhoor in die Noord-Gautengse hooggeregshof. Advokaat Zithulele Nxumalo het Khumalo se verklaring aan die polisie gelees waarin sy gesê het Senzo was vol bloed.

Nxumalo het gesê haar verklaring is teenstrydig met Madlala se getuienis dat hy min bloed op Senzo se bors gesien het. Madlala het gesê hy weet nie waarvan sy praat nie en sy moet “haar nonsens kom verduidelik”.

Nxumalo het nog teenstrydighede van ander getuies uitgewys en Madlala het gesê hy kan nie kommentaar lewer op wat ander mense gesê het nie. Hy het gesê hy is daar om te sê wat hy gesien het en almal sal hulle eie stories kom vertel.

Bronne: IOL, EWN, Briefly

Lees ook: Senzo Meyiwa se vriend getuig verder in hof