Senzo Meyiwa se vriend getuig verder in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nog ’n getuie het nie gebel vir hulp tydens Senzo Meyiwa-moord

PRETORIA. – Die staatsgetuie Tumelo Madlala gaan vandag voort met sy getuienis in die Senzo Meyiwa-moordverhoor in die Noord-Gautengse hooggeregshof.

Madlala was daar die dag wat Senzo Meyiwa in sy meisie Kelly Khumalo se huis op Vosloorus deur beweerde inbrekers doodgeskiet is.

Madladla was woedend tydens die kruisverhoor deur Sipho Ramosepele wat gesê het Madladla lieg wanneer hy sê Meyiwa is deur inbrekers doodgeskiet. Ramosepele het gesê daar was geen inbrekers nie en Meyiwa is deur iemand in die huis doodgeskiet.

Madladla het gesê hy is nie besig om te lieg nie en hy het nie tyd vir speletjies nie.

Vyf mans word aangekla van die moord op Meyiwa in 2014.

Bronne: SABC, The Citizen, IOL

Lees ook: Nog ’n getuie het nie gebel vir hulp tydens Senzo Meyiwa-moord