Ma en babaseun sterf tydens geboorte, onbewus van swangerskap

Deel hierdie storie / Share this story

TRENANCE PARK KZN. – ‘n Ma en haar babaseun is Donderdagoggend 10 Augustus 2023 tydens ‘n onverwagte geboorteproses by hul huis in Sofwoodrylaan oorlede.

Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep deur bure vir hulp is omstreeks 09:51 ontvang. Met aankoms by die huis is die lewelose vrou op die vloer in die slaapkamer gekry, waarna sy dood verklaar is. Die bed was met bloed deurdrenk. Die babaseun, toegedraai in ‘n handdoek, was in ‘n ander slaapkamer.

Volgens die man was hulle onbewus van die swangerskap. Sy vrou het op Woensdagaand 9 Augustus omstreeks 23:00 begin bloei. Hy het ontdek dat sy besig was om te kraam, maar het nie ‘n voertuig gehad om haar na ‘n mediese fasiliteit te neem nie. In die vroeë oggendure het hy bure vir hulp gevra, waarna die baba gebore is. Hy is doodgebore met die naelstring om sy nek. Tydens die geboorte was die ma, wat steeds baie gebloei het, swak, maar het nog gelewe. Rusa is gekontak.

Die paar se eerste baba is gedurende 2021 gebore, maar is kort na ontslag uit die hospitaal oorlede. Die paar het ‘n baba van 11 maande oud.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel