Twitter beboet in verband met saak teen Donald Trump

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump se prokureurs vra vir uitstel van voorverhoor

WASHINGTON: – Die aanklaer in die 2020-verkiesingsverhoor teen die voormalige president Donald Trump het in Januarie ’n lasbrief bekom om toegang te kry tot rekords verbind aan Trump se Twitter-rekening.

Twitter is gister $350 000 beboet toe hulle die spertyd om die rekords vir die aanklaer te gee, gemis het.

Twitter het gesê hulle moes nie gestraf of gesanksioneer word nie, maar die hof het hulle eis afgekeur.

Smith en sy span het verlede week Trump se twiets genoem betrekking tot die aanklagtes wat teen hom aangebring is in verband met die 2020-verkiesing.

Trump en ses onbekende medepligtiges word aangekla van vier aanklagtes, insluitend sameswering om die VSA te bedrieg asook om die verkiesing te ontwrig.

Bronne: Market Watch, My Broadband, The Telegraph

Lees ook: Donald Trump se prokureurs vra vir uitstel van voorverhoor