Brande in Hawaii eis 36

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Twitter beboet in verband met saak teen Donald Trump

MAUI, HAWAII. – Minstens 36 mense is dood in brande op die eiland Maui, Hawaii.

Die brande word deur sterk winde afkomstig van ’n verlangse orkaan versprei. Verskeie geboue is vernietig en sommige gebiede is tot op die grond afgebrand.

Duisende mense moes hulle huise verlaat en ’n noodtoestand is afgekondig. Verskeie mense is steeds vermis en ’n soek-en-reddingspoging word aangewend om hulle op te spoor.

Bande kom steeds in die gebied voor en brandbestryders is met helikopters besig om water op die vlamme te gooi.

Bronne: BBC, Metro, Yahoo News

Lees ook: Twitter beboet in verband met saak teen Donald Trump