Lees ook: Nog ’n getuie het nie gebel vir hulp tydens Senzo Meyiwa-moord
President Cyril Ramaphosa het gister tydens die Vrouedag-herdenking gesê die regering is besig om wette te versterk teen persone aangekla van geweld teen vroue.
Hy het gesê reeksverkragters kan tot lewenslange tronkstraf gevonnis word. Hy het ook gesê persone aangekla van verkragting sal nie meer op borg vrygelaat kan word sonder toestemming van die hof nie.
Ramaphosa het gesê vrouens voel nie veilig nie en mans moet verander. Hy het ook gesê ‘n nuwe sisteem word getoets wat slagoffers van geweld sal toelaat om aanlyn beskermingsbevele te kry.
Bronne: EWN, The Citizen, Sowetan LIVE
Lees ook: Nog ’n getuie het nie gebel vir hulp tydens Senzo Meyiwa-moord



