Kaapstad – ‘motoris skiet een dood en wond drie wat klipgooi’

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is vanoggend dood en nog drie beseer toe ‘n motoris tydens ‘n klipgooi-insident op die pad wat na Kaapstad- internasionale lughawe lei, op omstanders geskiet het.

Brig. Novela Potelwa sê die voorval het plaasgevind nadat motoriste met klippe bestook is en die motoris na die klipgooiers geskiet het. ‘n Saak van moord en nog van poging tot moord word ondersoek. Die polisie sê die verdagte is nog nie geïdentifiseer nie.

Die SAPD in die Wes-Kaap het ‘n groot teenwoordigheid van polisiebeamptes wat ontplooi is vir die minibustaxi’s wat sedert vroegoggend die pad na die lughawe versper het. Die voorval het pogings om die pad skoon te maak, vererger, maar verkeer vloei tans.

Verskeie wetstoepassingsagentskappe wat die SAPD, metropolisie, verkeersdienste en lugsteun insluit,is by brandpunte ontplooi.

Bywerkings oor paaie wat gesluit word, sal op die Stad Kaapstad se webwerf beskikbaar wees.

Potelwa sê alhoewel geïntegreerde wetstoepassingsontplooiings gedoen is, word pendelaars en padgebruikers versoek om waaksaam te wees ten opsigte van onwettige voorvalle wat hulle op die paaie kan raak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel