Drie vroue, almal 19 jaar oud en onderskeidelik skoolleerlinge van Tongaat en Phoenix in KwaZulu-Natal, is slagoffers van ‘n onbekende persoon wat naakfoto’s van hulle bekom het nadat hulle glo hul aanmeldingsbesonderhede goedsmoeds op sosiale media verskaf het.
Reaction Unit South Africa sê die vroue het hulle vir hulp gekontak en maan die publiek om versigtig te wees en nie persoonlike besonderhede op sosiale media te verskaf nie.
Volgens die drie het hulle ‘n boodskap van ‘n onbekende nommer van ‘n beweerde vriend wat hulle glo lanklaas gesien en dringend hul Snapchat-profiele se aanmeldignsbesonderhede benodig het, ontvang.
Die liggelowige slagoffers het die besonderhede verskaf en kort daarna het hulle WhatsApp-boodskappe ontvang van ‘n persoon wat beweer het hy het naakfoto’s van hulle wat hy sal aanstuur.
Die 19-jariges het bevestig hulle het naakfoto’s van hulself op die sosialemediaplatform gestoor en was mislei om aanmeldbesonderhede vir die profiele te verskaf.
Een van die vroue is by haar werksplek, waarvan sy nie besonderhede verskaf het nie, gekontak. Sy is gevra om addisionele foto’s van haar borste te stuur. Sy het geweier en is gedreig dat naakfoto’s vir haar familie en werkgewer gestuur sou word. Sy het dadelik haar aanmeldingsbesonderhede vir al haar sosialemediaplatforms verander.
Sy het Sondagaand 6 Augustus 2023 ‘n boodskap van Snapchat ontvang met inligting van ‘n Phoenix-gebruiker wat by haar rekening probeer aanmeld het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



