Bekende TikTok-vrou en ma skuldig aan dubbelmoord

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bekende TikTokker en haar ma is aan dubbele moord skuldig bevind. Dit volg nadat Saqib Hussain en Hashim Ijazuddin, albei 22, dood is nadat hul motor van die pad af gedwing is, berig die BBC.

Volgens die hofverrigtinge het Hussain en die TikTok-ster se ma, Ansreen Bukhari, ‘n skelm verhouding gehad wat hy glo wou onthul.

Mahek Bukhari, wat meer as 13 000 volgelinge op die bekende toep het, het gereeld insetsels oor mode, leefstyl en grimering op die platform geplaas.

Die ongeluk het op 11 Februarie 2022 plaasgevind. Die jong mans se motor het glo aan die brand geslaan voordat dit teen ‘n boom gebots het. Hussain het glo, terwyl hulle van die pad af gedwing was, die polisie gebel en vertel wat besig was om te gebeur. Hy het ook gesê die persone in die ander motor het klapmusse op.

Die dogter was glo bewus van haar ma se verhouding wat drie jaar tevore al begin het. Nadat dit deur die ma beëindig is, het Hussain glo kwaad geraak en gedreig om intieme foto’s van hom en die ma te deel.

Die ma het toe haar dogter vir raad gevra en die twee het saam planne beraam om van Hussin ontsale te raak. Die twee mans was glo in ‘n lokval gevang en op pad om die ma en dogter te gaan ontmoet toe die ongeluk plaasgevind het.

Die ma en dogter sal op 1 September gevonnis word.