‘n Man van Bloemfontein is tragies dood nadat hy Vrydag met sy motorfiets by die Loch Logan-waterfront in ‘n botsing met ‘n motor verongeluk het.
Franco Birch (26) se dogtertjie is net oor die vyf maande oud.
Volgens ‘n polisieverklaring is die oorsaak van die ongeluk nie bekend nie.
Birch, wat in Facebook-medelye as die “sagte reus” beskryf word, sou Sondag sy 27ste verjaarsdag gevier het.
‘n Klag van strafbare manslag word ondersoek.



