‘n Ma en kind is dood en haar ander kind ernstig beseer toe hulle Saterdagaand 5 Augustus 2023 deur ‘n voertuig in Modder B-pad in Benoni, Gauteng, gestamp is.
ER24-paramedici het omstreeks 18:30 op die toneel aangekom.
Die ma en haar twee kinders is gevind waar hulle in die pad lê. Hulle het geen teken van lewe getoon nie en beide is deur paramedici dood verklaar.
Die tweede kind het ernstige beserings opgedoen en gevorderde lewensondersteunende intervensie is toegepas voordat die kind vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Die bestuurder van die voertuig het nie beserings opgedoen nie. Omstandighede van die insident is onbekend.
Bron: Arrive Alive
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



