Safiya Pillay (15) van Eden Park in Gauteng is sedert 3 Augustus omstreeks 07:00 die oggend vermis.
Die Pink Ladies-organisasie sê die tiener is laas op die hoek van K 146- en Palmridgepad gesien en was onderweg skool toe.
Pillay het donkerbruin oë en dra ‘n bril. Sy het lang donkerbruin hare, weeg tussen 65 en 70 kg en is tussen 1.4 en 1.5 m lank.
Sy was in ‘n grys skoolbroek en vlootblou Drimac-baadjie geklee.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan die volgende persone bel:
Eden Park-SAPD – 011 960 0064, 071 675 6938 of Stop Misdaad by 08600 10111
Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



