‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, is vanmiddag ontdek waar hy aan ‘n boom by ‘n steengroef in Westbrook, KwaZulu-Natal, hang.
Reaction Unit South Africa sê ‘n verbyganger wat ‘n kortpad deur die bosse geneem het, het die liggaam van ‘n man ontdek.
Hy het dadelik na die steengroef gehardloop en die werknemers vertel, waarna Reaction Unit South Africa vir hulp gekontak is.
Reaksiebeamptes is dadelik uitgestuur en het omstreeks 14:16 op die toneel aangekom waar ‘n man se liggaam aan ‘n tou van ‘n boom gehang het.
Sy identiteit en die motief vir sy selfdood is onbekend.
Indien jy hulp nodig het of weet van iemand wat hulp nodig het, kontak die volgende nommers:
Akeso Crisis Helpline – 0861 435 787
Love Life – 0800 121 900
South African Deppression and Anxiety Helpline (SADAG) – 0800 567 567
Stop Gender Violence Helpline – 0800 150 150
South African Federation For Mental Health Helpline – 011 781 1852
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



