Leerlinge se mededeelsaamheid maak onderwyseres trots

Deel hierdie storie / Share this story

Die Primêre Skool Hillcrest het Donderdag 3 Augustus ‘n plasing op sosiale media gedeel van twee leerlinge wie se meededeelsaamheid trots maak en harte warm aanraak.

Die plasing vertel van Camden wat die vorige dag geld vir ‘n koekverkoping vergeet het, waarna Nkazimulo vir hom R10 geleen het. Die volgende dag het Camden vir Nkazimulo met hoenderrepies en skyfies vergoed.

Die plasing is reeds 1 600 keer gedeel en kommentaar is meer as 330 keer gemaak.

Hul klasonderwyseres het in ‘n plasing haar trots oor die twee en nog ander leerlinge in haar klas uitgespreek. Sy sê hierdie kinders se optrede kan menige volwassene ‘n les leer.

Jayne Louise Buitendach hul klasonderwyseres het soos volg kommentaar gelewer:

I am so blessed to have these 2 boys in my class, their kindness and empathy towards each other speaks volumes!!

I have 22 other children who display exactly the same behavior choices and I am incredibly proud of each and every one of them .

These young people are the present and the future and their acts of kindness and generosity could teach many adults a lesson!!

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel