‘Huisrowers’ wat vroue besteel, gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Twee “gewapende huisrowers” het Saterdagmiddag by ‘n woonstel in Gopalall Hurbansweg in Togaat se besigheidsgebied in KwaZulu-Natal ingegaan en drie vroue beroof.

Reaction Unit South Africa het ongeveer 13:47 op die toneel afgekom.

Na bewering het twee gewapende verdagtes die woonstel binnegegaan en twee vroue en hul huishulp gekonfronteer.

Hulle het glo te voet met ‘n onbekende bedrag kontant en juwele van die toneel gevlug.

Alhoewel ‘n soektog na die vermeende rowers geloods is, is hul steeds op vrye voet.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel