Vier onwettige myners, genaamd Khwathelani Mbambale, Masilo Molewa, Sello Ramaphakela en Matome Ramaphakela, is Woensdag 2 Augustus 2023 deur die Thabazimbi-streekshof in Limpopo vir 12 jaar gevonnis.
Kol. Malesela Ledwaba sê die vier is vir onwettige mynbou en betreding tronk toe gestuur.
Op Donderdag 27 Oktober 2022 is die skuldiges deur polisie en sekuriteitsbeamptes te Rodedamplaas by Lymburgmyn in Northam-polisiëringsarea, waar hulle ondergronds chroom gegrawe het, aangekeer.
Die saak, wat by die Northam-polisie geregistreer is, is vir ondersoek na die provinsiale georganiseerde misdaadondersoekeenheid oorgeplaas.
Die beskuldigdes het elk borg van R1 500 gekry.
Met knap ondersoekwerk deur beide sers. Paul Kgare en sers. Harry Mashitisho is Mbambale en Molewa elk vyf jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan die helfte vir drie jaar opgeskort is, of alternatiewelik ‘n boete van R120 000. Beide Ramaphakelas is een jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan die helfte vir drie jaar opgeskort is of alternatiewelik ‘n boete van R2 000.
Lt.genl Thembi Hadebe het die vonnis verwelkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



