Polisievrou in hegtenis na man se moord

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiesersant, Ntombizodwa Nting, is glo ‘n verdagte nadat haar man ontvoer, beroof en vermoor is.

Sy en nog ‘n persoon is Woensdag in KwaZula-Natal in hegtenis geneem.

Lt.kol. Simphiwe Mhlongo, Valke-woordvoerder, sê Samkelo Mpanza (33) en Ntombizodwa Ntinga (44) is in verband met AO Nkosinathi Ntinga (49) se moord in hegtenis geneem.

Die paartjie was Dinsdagaand saam met nog ‘n kollega by die huis toe hulle glo deur gewapende mans oorval is. Hulle is van hul selfone en dienspistole beroof voordat AO Nkosinathi Ntinga in ‘n voertuig ingedwing is.

Die verdagtes het Woensdag vlugtig in die hof verskyn.

Die saak is tot 8 Augustus uitgestel.