Donald Trump pleit onskuldig op aanklagtes

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump verskyn vandag in die hof

Donald Trump het onskuldig gepleit op vier aanklagtes wat te doen het met die 2020-verkiesing in dieselfde hof in Washington waarin honderde van sy ondersteuners skuldig bevind is aan hulle rol in die aanval op die kongresgebou in 2021.

Trump is reeds in twee ander kriminele sake aangekla. Die nuwe aanklagtes kan veroorsaak dat hy volgende jaar tydens die verkiesing in die hof gaan wees. Trump het gesê die nuwe saak is deur ’n politieke opponent gemaak.

Trump en ses onbekende medepligtiges word daarvan beskuldig dat hulle die 2020-verkiesings probeer ontwrig het sodat Trump as president kon aanbly.

Die saak in Washington is tot 28 Augustus uitgestel.

Bronne: ECR, IOL, BBC

Lees ook: Donald Trump verskyn vandag in die hof