Lees ook: Donald Trump moet voor federale landdros verskyn
Donald Trump, voormalige Amerikaanse president, sal vandag in ‘n federale hof verskyn op vier aanklagte. Die hof is in sig van die kongresgebou wat in 2021 deur sy ondersteuners bestorm is.
Trump sal na verwagting onskuldig pleit in die verhoor wat vandag sal begin. Trump en ses onbekende medepligtiges word daarvan beskuldig dat hulle die 2020-verkiesing wou ontwrig sodat Trump aan bewind kon bly.
Dit is Dinsdagaand aangekondig dat Trump aangekla gaan word van verskeie aanklagtes, insluitend sameswering om die VSA te bedrieg deur te keer dat Joe Biden tot nuwe president verklaar word.
Trump iin s Florida aangekla daarvan dat hy geheime staatsdokumente na sy huis geneem het en in New York word hy aangekla dat hy stilmaakgeld aan ‘n pornografiester betaal het.
Bronne: ECR, IOL, France24



