Riverlea – 79 verdagtes tot dusver vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

Sedert Dinsdag 1 Augustus 2023 het voortdurende polisie-operasies in Riverlea tot 79 inhegtenisnemings gelei.

Brig. Brenda Muridili sê 69 van die verdagtes in aanhouding is ongedokumenteerde persone.

Verder is een verdagte vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, nog een vir die besit van ammunisie en vyf ander verdagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en drie vir gewone aanranding in hegtenis geneem.

Die polisie het op onder meer ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, plofstof, gassilinders, grondbevattende goudstof en alkohol van ‘n onwettige sjebien beslag gelê.

In Fochville aan die Wesrand het die polisie tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie vier Basoetoe-burgers vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie vasgetrek.

Gedurende die inhegtenisneming het die polisie op ‘n AK-47 aanvalsgeweer, ammunisie en vier handwapens met ‘n verskeidenheid kalibers ammunisie beslag gelê.

Muridili sê operasies sal voortduur totdat Riverlea se onwettige mynaktiwiteite stabiliseer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel