Donald Trump moet voor federale landdros verskyn

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Andrew Tate appelleer teen huisarres

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump is aangekla van verskeie misdrywe in sy pogings om die uitslae van die 2020-stemmery om te keer sodat hy president kon bly.

Trump is aangekla van sameswering om die VSA te bedrieg, sameswering om ‘n amptelike verrigting teen te staan, obstruksie van ‘n amptelike verrigting en sameswering teen regte.

Die saak teen Trump is gisteraand deur ‘n federale aanklaer genaamd Jack Smith aangekondig. Smith het gesê hy beplan ‘n “spoedige verhoor”. Trump is beveel om môre voor ‘n federale landdros in Washington DC te verskyn.

Bronne: The Guardian, Evening Standard, The Irish Times

Lees ook: Andrew Tate appelleer teen huisarres