Andrew Tate appelleer teen huisarres

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Andrew Tate dagvaar beskuldigers in mensehandelsaak

Andrew Tate en sy broer Tristan het Donderdag appelleer teen die hof se besluit om hulle vir hulle verhoor in Roemenië onder huisarres te hou.

Die broers en twee Roemeense vrouens word aangekla van mensehandel, verkragting en die vorm van ‘n kriminele bende om vrouens seksueel uit te buit.

Al vier die beskuldigdes is verlede jaar in Desember in hegtenis geneem en ontken die aanklagtes teen hulle.

Daar is sewe vroulike slagoffers betrokke in die saak wat glo onder valse voorwendsels na Roemenië gelok is, waar hulle seksueel uitgebuit is en fisiese geweld onder die beskuldigdes gely het.

Bronne: Euronews, Mail Online, Meaww

Lees ook: Andrew Tate dagvaar beskuldigers in mensehandelsaak