Rachel Kolisi sê haarsalonne moet meer inklusief wees

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrystaat-polisie ondersoek video van stasiebevelvoerder wat glo man sleep

Rachel Kolisi het in ‘n plasing op sosiale media gesê sy voel haarsalonne in Suid-Afrika moet meer inklusief wees.

Sy het in ‘n plasing gedeel sy was bly toe sy, Liphelo, Nicholas en Keziah al vier vir die eerste keer hulle hare by dieselfde plek kon laat doen.

Kolisi, vrou van rugbyspeler Siya Kolisi, het gesê hulle wou ‘n paar maande gelede vir hulle seun Nic ‘n haarsny laat kry, maar is glo drie keer by verskillende salonne weggewys want “hulle kan nie sulke hare sny nie”.

Sy’t haar plasing afgesluit deur te sê sy dink salonne kan beter doen en hulle dienste uitbrei.

Bronne: IOL, ECR, The Africa, Instagram

Lees ook: Vrystaat-polisie ondersoek video van stasiebevelvoerder wat glo man sleep