Senzo Meyiwa se vriend sê polisie het hom probeer blameer vir moord

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte in Senzo Meyiwa-moord het foto van pistool op foon

Senzo Meyiwa se vriend Mthokozisi Thwala sal vandag verder getuig in die verhoor van Meyiwa se moord.

Thwala het getuig Meyiwa is geskiet tydens ‘n hewige woordewisseling met twee beweerde inbrekers by sy meisie, Kelly Khumalo se huis in Vosloorus in 2014.

Thwala het gister getuig twee polisiebeamptes in Pretoria het beurte geneem om hom te slaan in die hoop dat hy sal bieg hy het Meyiwa vermoor. Hy het getuig hulle het hom vir die moord probeer blameer.

Thwala het ook getuig die beweerde rowers het Engels tydens die “roof” gepraat.

Bronne: EWN, SABC, TimesLIVE

Lees ook: Verdagte in Senzo Meyiwa-moord het foto van pistool op foon