Lewendige mortier by skrootwerf gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Lewendige 60 mm-mortier is vroeër vandag 3 Augustus 2023 by ‘n skrootwerf in Pinewoodstraat, Ottawa, in KwaZulu-Natal, gevind.

Reaction Unit South Africa sê hulle was omstreeks 10:36 saam met Verulam-SAPD en die metropolisie op die toneel.

Die vonds is gemaak terwyl werknemers deur ‘n hoop skrootmetaal wat van Ballito kom, gesif het.

Die perseel is ontruim. Die polisie se bomopruimingseenheid het die mortier verwyder en die perseel veilig verklaar.

Dienste is daarna normaal voortgesit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel