Gqeberha-winkeleienaar kan tronkstraf kry oor verbod op LGBTQ+-mense

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Malema daag DA en AfriForum uit om hom hof toe te vat

‘n Gqeberha-winkeleienaar wat glo ‘n bord buite sy winkel gesit het wat LGBTQ+-mense van sy winkel verban, kan ‘n boete van R500 000 boete en tronkstraf opgelê word.

Die bord wat lees: “LGBTQ nie welkom by La Gardi, red ons kinders” het omstredenheid veroorsaak en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) is gekontak. Hulle het regsaksie teen die winkeleienaar vir beweerde haatspraak en diskriminasie geneem.

Die Menseregtekommissie het na verskeie klagtes ‘n ondersoek geloods, maar hy het geweier om die bord af te haal. Hulle het hulle na die gelykheidshof gewend en die winkeleienaar is van haatspraak, diskriminasie en teistering beskuldig. Hulle het gevra dat hy ‘n boete van R500 000 en moontlike tronkstraf kry.

Die winkeleienaar het nege dae om sy saak te stel.

Bronne: IOL, News24, Jacaranda FM

Lees ook: Malema daag DA en AfriForum uit om hom hof toe te vat