Malema daag DA en AfriForum uit om hom hof toe te vat

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: VF+ leier maak saak teen Malema oor ‘Kill the Boer’

Die EFF leier, Julius Malema, het die DA en AfriForum uitgedaag om hom hof toe te vat na hy die strydlied Kill the Boer gesing het tydens die EFF se bestaansjaarviering die naweek.

Die DA en AfriForum het gekla na Malema die lied Saterdag gesing het. John Steenhuisen, DA-leier, het gesê hulle gaan Malema, die EFF en ANC by die VN-menseregtehof aankla.

Malema het Steenhuisen op Twitter uitgedaag en gesê: “Doen dit, klein seun. Ons is nie die ANC nie.”

Die EFF het ook gesê die gelykheidshof het hulle verlede jaar vrygespreek en gesê die lied is nie haatspraak nie.

Elon Musk, die miljoenêr gebore in Suid-Afrika, het ook Malema op Twitter gekritiseer en gesê hulle moedig die moord op wit mense aan. Malema het geantwoord en gesê hy praat nonsens.

Bronne: IOL, TimesLIVE, DFA

Lees ook: VF+ leier maak saak teen Malema oor ‘Kill the Boer’