Vermiste baba in kritieke toestand gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Baba van 21 maande wat Maandag 31 Julie omstreeks 16:00 van ‘n huis in Etete naby Shakaskraal in KwaZulu-Natal vermis geraak het, is gevind.

IPSS Medical Search and Rescue het kort gelede gesê die soektog wat eers onsukesvol was, is vanoggend met die hulp van SAPD K9 se soek-en-redding hervat.

Met behulp van ‘n termiese hommeltuig is die baba ongeveer 1 km van sy huis gevind.

Die baba, wat in ‘n kritieke toestand gevind is, is ten tyde van die plasing kort gelede nog deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabliliseer.

Hy sal vir verdere mediese versorging na ‘n toepaslike fasiliteit geneem word.

“Thank you to SAPS K9 Search and Rescue, SAPS Umhlali and the local community for their assistance on scene as well as to PACSys for the use of their thermal drone.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel