Lees ook: Polisie monitor Riverlea na betogings gister
Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het gesê die polisie het nie genoeg hulpbronne om iets te doen aan die onwettige myners in die land nie.
Baie gemeenskappe wat deur onwettige myners se geweld aangetas is, plaas druk op die polisie en kommissaris om iets aan die situasie te doen.
Vyf liggame van vermoedelik onwettige myners is die naweek in Riverlea gevind na ‘n beweerde skietery tussen twee verskillende groepe onwettige myners. ‘n Gaslek in Boksburg, vermoedelik veroorsaak deur onwettige myners, het verlede maand 17 mense se dood veroorsaak.
Masemola het gesê die polisie se begroting is gesny en hulle het te min hulpbronne. Hy het ook gesê hulle moet dieselfde mense heeltyd op verskillende plekke gebruik en dit werk nie.
Bronne: IOL, iAfrica, The Africa, The Pink Brain, Twitter



