Ma van twee dood na sy te veel water drink

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma (35) van Indiana in die VSA is dood nadat sy op 6 Julie te veel water op een slag gedrink het.

Ashley Summers, van Monticello in Indiana, was glo vir die naweek saam met familie weg toe sy aan hulle noem dat sy gedehidreer voel, hoofpyn het, en voel sy kan nie haar dors geles kry nie.

Nadat sy glo ‘n groot hoeveelheid water gedrink het, het sy huis toe gegaan en in die motorhuis inmekaargesak.

Haar familie het met haar na ‘n hospitaal gejaag, maar sy het nooit haar bewussyn herwin nie.

Die dokters het aan haar familie gesê sy het watervergiftiging opgedoen. Dit was vir haar familie ‘n skok omdat dit die eerste keer is wat hulle daarvan gehoor het. Sy het ongeveer 2l water in 20 minute gedrink.