Ouers verkoop glo baba om iPhone te koop

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump pleit onskuldig op aanklagtes

Ouers van Wes-Bengal, Indië het glo hulle agt maande oue baba verkoop vir geld om ’n iPhone te koop.

Die baba was ’n paar dae weg, maar die ouers het hom nie as vermis aangemeld nie. Die inwoners het agterdogtig geraak en die voorval by die polisie aangemeld.

Die polisie het die baba by ’n vrou in dieselfde gebied gevind en haar en die baba se ma in hegtenis geneem. Die baba se pa het gevlug.

Die ma het erken hulle het die baba verkoop, want hulle wil die geld gebruik om ’n iPhone14 te koop en te reis sodat hulle plasings op Instagram kan maak.

Die ouers het glo hulle dogter (7) ook probeer verkoop.

Bronne: IOL, The Straits Times, Apple Insider, Tech Times

Lees ook: Donald Trump pleit onskuldig op aanklagtes