Centurion-ma vermoor glo haar twee kleuters, toe haarself

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Wierdaburg ondersoek ‘n saak nadat ‘n ma (41) van Centurion in Gauteng saam met haar twee kinders van onderskeidelik vier en ses jaar oud dood gevind is.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê aan FiND iT die liggame is in hulle huis in Wierda Glen Estate ontdek.

“Die slagoffers is Maandag 31 Julie gevind. Daar word vermoed dat die slagoffers dood is nadat hulle gas ingeasem het wat opsetlik toegedien is,” sê kol. Nevhuhulwi.

Die polisie het ook ‘n selfdoodbrief, wat vermoedelik deur die ma geskryf is, op die toneel gevind.

Geen vuilspel word vermoed nie.