Lees ook: ‘Karwagte’ afgeneem waar hulle by kar probeer inbreek in Overport
‘n Busdrywer is vanoggend in Kaapstad geskiet en ‘n bus is aan die brand gesteek as deel van betogings deur die taxiverenigings oor nuwe wetgewing oor verhoogde boetes en die skut van voertuie.
Twee Golden Arrow-busse is vanoggend in Khayalitsha aan die brand gesteek. Een van hulle is die bus van die drywer wat geskiet is.
Verskeie paaie is met brandende wiele en motoriste geblokkeer. Motoriste word gewaarsku om alternatiewe roetes te gebruik. Daar word ook klip gegooi.
Die taxiverenigings het ook gister ‘n wegbly-aksie tot 10 Augustus ingestel, wat onmiddelik geld en tot gevolg gehad het dat duisende pendelaars moes voetslaan.
Bronne: IOL, Briefly, The Citizen
Lees ook: Kelly Khumalo se optrede by nog ‘n konsert gekanselleer



