Sakeman van Hartenbos vermis na hy kwotasie gaan gee

Deel hierdie storie / Share this story

Desmond Share (53), sakeman en besigheidseienaar van Gutter Guru op Hartenbos, is sedert 1 Augustus 2023 vermis. Hy is die laaste keer in Hartenbos, naby Mosselbaai opgemerk, waarna hy ‘n kwotasie in Herbertsdale moes gaan gee.

Hy het met sy wit Ford Ranger-bakkie, registrasienommer CBS 2356 gery, maar het nie weer teruggekeer huis toe nie. Intussen is ‘n onttrekking uit sy bankrekening op Swellendam gemaak.

‘n Groot soektog is reeds geloods in ‘n poging om hom te probeer opspoor, maar hy is steeds vermis. Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan die volgende persone gebel word:

SAPD VB-nommer 01/08/2023

AO Areen Stokes – 079 461 9329

Da Gamaskop-SAPD – 044 606 2200 of 044 606 2201

Missing Chilren South Africa – 072 647 7464

Renegades Search and Rescue – Dawn – 074 712 5855

Cindy Matheson-Share, sy vrou het die volgende gedeel OOR ‘n soektog wat reeds plaasgevind en niks opgelewer het nie:

Travel at the bay offer ‘n bussie vir wie graag wil help soek maar nie vervoer het nie. Die bussie ry vanaf Hartenbos. Laat weet in die comments.

Goeie naand, ons gaan môre polisie bystaan om te soek na die vermiste man, ingeval hy dalk in ons area is. Op hierdie stadium is wil ons 10h00 saam met SAPS by Jakkalsvlei bymekaar kom. Finale reëlings sal op groep geplaas word.

As daar persone is wat bereid is om te kom help, sal dit waardeer word.

Tertius Erasmus het die volgende gedeel:

Hi all our Friends and Family

Please share this as far and wide as you can!!!!

Desmond Share went missing yesterday when he went for a quotation in #Herbertsdale. He never returned home last night….

There was a withdrawal on his account in #swellendam and he wasn’t the one who did the withdrawal….

His Bakkie was seen in #capetown earlier this evening, and the SAPS is on the lookout…..

Please keep Cindy Matheson-Share and the kiddos in your prayers!!!! And that we will find him!!!!! There will be a majority search for him starting form #jakkelvlei at 10AM to find him. If there is anyone to help…. Please do so…… please guys, help us Find Desmond!!!!!

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel