Lees ook: Kelly Khumalo se optrede by nog ‘n konsert gekanselleer
‘n Werknemer van die nasionale gesondheidslaboratorium is met ‘n hamer oor die kop geslaan en van haar selfoon beroof in ‘n hysbak by die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg.
Die vrou het terugbaklei en kon ontsnap na sy het ernstige beserings aan haar kop opgedoen het. ‘n Ander werknemer het haar hoor skree en het haar te hulp gesnel. Die verdagte het weggehardloop.
Die CCTV-beeldmateriaal het gewys die verdagte is ‘n man met ‘n kruk wat Engels gepraat het. Hy het ‘n groen baadjie aangehad.
Bronne: IOL, The Citizen, The Africa, Head Topics
Lees ook: Kelly Khumalo se optrede by nog ‘n konsert gekanselleer



