Agt jong kinders beseer toe bakkie rol

Deel hierdie storie / Share this story

Agt jong kinders en twee volwassenes is vanoggend beseer toe ‘n bakkie op ‘n distrikspad in Mahloni, KwaZulu-Natal gerol het.

Chantelle Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê met aankoms op die toneel is gevind die bestuurder van die bakkie het beheer verloor waarna die voertuig verskeie kere gerol het.

Tien persone is lig tot ernstig beseer. Die kinders was tussen die ouderdomme van vier en 12 jaar oud. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel