Die Lauren Dickason-hofsaak in die hooggeregshof in Christchurch Nieu-Seeland is tot Maandag onderbreek omdat ‘n lid van die jurie siek is. Nadat regter Mander met die staat- en verdedigingspanne beraadslaag het, is die verrigtinge uitgestel.
Dickason se verhoor vir beweerde moord op haar drie dogters vind voor regter Cameron Mander en ‘n jurie plaas.
Die verhoor is in sy derde week en sal na verwagting nog ‘n week duur.
Verskeie deskundiges het tot dusver getuig en is aan kruisverhoor onderwerp.
Alhoewel Dickason beken het dat sy die dogters doodgemaak het, pleit sy onskuldig gepleit en hou waansin en kindermoord as verweer voor. (Die moord op kinders jonger as 10 word in Nieu-Seeland as minder ernstig as moord beskou.)
Nadat die deskundige-getuienis tot ‘n einde kom, sal die jurie ‘n laaste keer van die staat en verdediging hul slotredes aanhoor. Daarna sal regter Mander die saak opsom en die jurie opdrag gee om ‘n uitspraak te maak.
Die jurie sal dan ‘n geleentheid gegun word om te beraadslaag. Daar word verwag dat dié punt in die verhoor eers laat in volgende week bereik sal word.
Bronne: New Zealand Herald en Stuff
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



