Die bekende akteur, David Rees,wat vir 18 jaar die rol van Nick Naude in die gewilde sepie Egoli vertolk het, sterk tans aan na hy Sondag ‘n hartaanval gehad het.
Die Suid-Afrikaanse Legendes-museum berig die 55-jarige Rees het vroeër die week ‘n hartomleiding gehad en sterk tans aan.
Daar is intussen ook ‘n BackaBuddy-rekening oopgemaak om te help om mediese kostes te dek.



