Winkeleienaar beroof, verdagtes jaag in sy voertuig weg

Deel hierdie storie / Share this story

Die gemeenskap se samewerking word gevra om ‘n blou Toyota Corolla op te spoor wat in ‘n besigheidsrooftog in Zwelisha, KZN, gesteel is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) was Donderdagmiddag na 16:00 nog op die toneel om te help om die voertuig te probeer opspoor.

Volgens Rusa het die slagoffer vertel twee gewapende verdagtes het hom genader toe hy buite sy winkel besig was om voorraad af te laai.

Die verdagtes het hom glo van ‘n onbekende som geld en sy selfoon beroof voor hulle in sy motor weggejaag het.