Kyk video van gebeure tussen die EFF en Bittereinders hier onder:
Devon Hofmeyr, seun van Steve Hofmeyr, en lid van die Bittereinders-jeugbeweging het Woensdag 2 Augustus 2023 volgens beplanning soos op sy Facebook-blad aangedui, saam met nog Bittereinders opgedaag waar Julius Malema van die EFF ‘n mediakonferensie by hul hoofgebou in Johannesburg, die Winnie Madikizela Mandela-huis, vir die EFF se 10de bestaansjaar gehou het.
Humeure het opgevlam toe die EFF-lede nie die Bittereinders wat opgedaag het in die gebou wou toelaat nie. Die Bittereinders is aangesê om na die sypaadjie voor die deure van die gebou te skuif.
Die video wat geneem is, het gefokus op die aanvalsgewere van die EFF-lede wat deurentyd teenwoordig was.
Intussen het vele dreigemente op sosiale media rondgegaan waarin Hofmeyr uitgedaag is.
Daar kan in die video-opname gehoor word hoe Hofmeyr sê: “Kill the boer, kill the farmer, kom kill us now mos.” Hy het egter gekeer dat fisiese geweld van die Bittereinders se kant tussen die twee groepe uitbreek.
Nadat Hofmeyr die foto van die Bittereinders wat in ‘n kring staan, gedeel het, het hy gesê: “11 manne het vandag n gelofte wat in 1838 afgelê is, beskerm. Ek salueer elkeen van julle. Julle het vandag gedoen wat bitter min manne ooit bereid sal wees om te doen. Julle is werklik Bittereinders
“
Hofmeyr het vroeër vandag op Facebook te kenne gegee dat sy blad onder druk is en die boodskap wat hy van Facebook ontvang het, gedeel.

Foto’s: Skermgreep van video en Devon Hofmeyr Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



