Klasse by Universiteit van die Vrystaat ontwrig weens protesaksie

Deel hierdie storie / Share this story

“Die Universiteit van die Vrystaat se bestuurspan moet ernstige tugstappe neem teen die skuldige studente en ’n saak van saakbeskadiging behoort gemaak te word vir die vandalisering van die geboue,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug het Woensdag gesê hy doen ’n beroep op die Universiteit van die Vrystaat se bestuur om streng op te tree teen studente wat hulself “skuldig maak aan gewelddadige protesaksie”. Die jeugorganisasie het van sy lede op dié kampus verneem dat ’n groep gewelddadige betogers geboue op kampus met klippe bestook het terwyl studente binne die geboue besig was met akademiese verrigtinge.