Vermeende rower sterf toe slagoffer kookwater oor hom gooi

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vermeende gewapende rower het op 31 Julie 2023 by ‘n huis in Ferndalestraat, Berea in KwaZulu-Natal gesterf.

Kol. Robert Netshiunda sê ‘n vrou was tuis toe die onbekende man gewapen met ‘n mes haar kombuisdeur gebreek en haar huis binnegedring het.

Die slagoffer het om hulp geskree en kookwater oor die verdagte uitgegooi.

Volgens Netshiunda het die verdagte na die voorste grasperk gehardloop waar hy ‘n rukkie daarna aan sy beserings beswyk het.

Die Berea-polisiekantoor ondersoek klagtes van gewapende roof en ‘n geregtelike doodsondersoek

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel