Noord-Kaapse speurders verseker vonnisse vir geslagsgebaseerde geweldsake

Deel hierdie storie / Share this story

Speurders verbonde aan De Aar se polisie-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) maak skoonskip met vonnisse in geslagsgebaseerde geweldsake.

Sers. Timothy Sam sê deur hierdie vonisse is seker gemaak dat slagoffers kan herstel en genees.

De Aar, Victoria-Wes en Colesberg-streekshowe het verskeie vonnisse opgelê.

Martin Samson (31) is vir die verkragting van ‘n vrou (59) gevonnis.

Loula Vywers (42) is vir aanranding van ‘n meisie (5) vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Thapelo Makhakhe (23 en Jan Jacobs (35) is elk vyf jaar opgeskorte vonnisse vir statutêre verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer gevonnis.

Al die gevonnisde beskuldigdes se name sal in die nasionale register vir seksuele misdrywe aangeteken word en is almal onbevoeg om vuurwapens te besit.

Lt.genl. Koliswa Otola het die speurders, AO Melony Oliphant en sers. Eric Ngcaphai vir die suksesvolle ondersoekwerk wat die vonnisse teweeggebring het, geprys.

Foto’s: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel