Die 37-jarige Rosemary Dawids se liggaam is op 23 Julie vanjaar in haar bed in Fisantekraal naby Durbanville ontdek.
Women for Change berig Dawids is vermoedelik deur haar 29-jarige kêrel vermoor.
Dawids was met bloed bedek en ‘yskoud’ toe haar ouers in haar huis op haar afgekom het, berig Women for Change.
Haar kêrel het homself aan die polisie oorgegee.



