Een persoon is Saterdagaand dood tydens EFF-vieringe wat oor die naweek by die FNB-stadion in Soweto plaasgevind het.
Die man was luidens berigte Saterdagaand besig om te dans toe hy hom doodgeval het.
Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het gesê ‘n saak is oopgemaak.
Kapt. Masondo sê voorts verklarings van getuies is geneem en dat die ondersoek voortduur.



