Geen beserings is aangemeld nie nadat ‘n voertuig Sondagmiddag naby Dudley Pringledam in Sandfields KZN omgeslaan het.
’n Verbyganger het oReaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 17:55 gekontak nadat hulle ’n silwer Toyota Yaris op sy dak ontdek het.
Met lede se aankoms het reaksiebeamptes die bestuurder van die ernstig beskadigde voertuig aangetref.
Hy was die enigste insittende in die motor.



